Wat ons BIED

Meer oor jubilee

By Jubilee Kampus bied ons interressante leerervarings aangebied deur ons professionele, opgeleide personeel in pragtige fasiliteite waar elke kind elke dag floreer.  Ons bied ook die volgende:

• Jubilee Kampus is ‘n Christelike skool.
• Professionele sorg in Engels en Afrikaans.
• Geregistreer by die Department van Basiese Onderwys en ons geniet GOUE STATUS wat beteken dat ons aan alle vereistes voldoen.

• Ons is Maandae-Vrydae oop vanaf 06h30-17h30.
• Ons neem peuters vanaf 18 maande in tot en met kleuters in Graad RR. Ons het ook ‘n Naskool wat kinders vanaf Gr RR tot en met Gr 8 in neem.
• Ons het voldag en halfdag opsies.
• Ons is regdeur die jaar oop. Ons is slegs gesluit tussen Kersfees en Nuwe Jaar en op publieke vakansiedae.

• Ons voorsien voedsame en smaaklike maaltye (Ontbyt, middagete en laat middag toebroodjies).
• Ons bied individuele aandag, ondersteuning en koestering.
• Bekwame, toegewyde en ervare onderwysers en assistente.
• Veilige, toegangsbeheerde fasiliteit met CCTV.
• Goed toegeruste, ouderdomsgeskikte klaskamers.

• Tema-gebaseerde en ouderdom-toepaslike opvoedkundige program. Ons leersinergie bestaan uit ‘n gestruktureerde daaglikse program wat die KABV (Kurrikulum-en-Assesseringsbeleidsverklaring) en ELDA’s (Vroeë Leer- en Ontwikkelingsareas) kurrikulums insluit. Dit integreer tematiese onderrig met eksperimentele leer, om te verseker dat elke leerder sy/haar volle potensiaal bereik en maksimaal ontwikkel word.

• Ons maak ook gebruik van Tegnologie en konkrete leer tydens elke les. By Jubilee Kleuterkampus is dit vir ons belangerik dat elke leerder toegang het tot ‘n gedifferensieerde kurrikulum om by elke leerder se leerbehoeftes te pas.
• Goed toegeruste speelgrond.

• Buitemuurse aktiwiteite wat op die terrein aangebied word:
• Playball;
• Kinderkinetika;
• Boogie Beatz;
• Rugbyvaardighede;
en nog ander.

Skryf jou kind nou in vir ‘n asemrowende kleuterskool ervaring!

Scroll to Top